Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Anlouise O’Connell
Datum: 16 September 2021

Gedurende die ledesamekoms op 16 September spreek Dr Waldo Dreyer, Veearts, die lede toe i v m die rol wat die veearts vertolk in die Landbousektor.

Hy verduidelik die akademiese verloop van Veeartsenykunde, praktiese opleiding en die gemeenskapsjaar ( soos medies) wat hulle moet deurloop, asook die opleiding by Onderstepoort buite Pretoria.

Hy verduidelik die verskillende siektes wat diere opdoen, die oordraagbaarheid daarvan, die voorkomende versorgingsaspekte by bees, skaap en vark, die kwarantyn van diere en die insette wat die veearts hier lewer. Die verantwoordelikheid van die veearts t o v Volhoubaarheid in die Landbou en die bydrae wat hulle lewer t o v die getal diere per hektaar om oorbeweiding te bekamp, die herstel van die grond se drakrag en die gesondheidstoestande van diere.

Huisdier versorging en die voorkoming van siektes asook Hondsdolheid inenting word aangespreek.

Hulle betrokkenheid by vrywillige inenting en sterilisasie van huisdiere in die swart woonbuurte in ons omgewing asook by die DBV, word verduidelik. Die reg of verkeerd van huishoudelike medikasie vir diere en visa versa, word verduidelik asook die nadele om vir honde bene te gee om te eet.

By vergiftiging van diere kan ‘n balletjie van seeppoeier en water gemaak word en agter in die dier se keel gesit word om maklik in te sluk, sodat braking ge-endoseer kan word.

Lede het baie vrae gevra en die praatjie baie insiggewend en interessant gevind.

Die lede word ook gewys hoe om image transfers te maak op lap en hout en hoe om ‘n prentjie op ‘n sepie vir ‘n gaste badkamer te maak.

Die tak waardeer die Sirkelpresident, Mev Hannelie Low, se besoek en sy vertel meer van die beoogde piekniek op 31 Oktober in Gqeberha.