Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier Tak
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 15 September 2021
Die Mosselbaai se DBV het onlangs hulle 21-ste verjaarsdag met personeel, mascot Nero, genooide gaste, borge en ander belangrike afgevaardigdes, behoorlik gevier. Daar was al die noodsaaklikhede soos musiek, toesprake, ongelooflike skenkings en bedankings. Die hoogtepunt was egter die sny van die besonderse koek en die pragtige eetgoed wat aangebied is.
Klein-Brakrivier voorsitter, Lydie Terblanche, het die tak verteenwoordig by die geleentheid. Die pragtige koek is deur Edna Myburgh van Cake Petal (076 273 4005) gemaak en geskenk. Edna se Facebook blad as sy ge-‘tag’ word, is @ednacakepetal en die link https://web.facebook.com/ednacakepetal op Instagram is dit @cake_petal
Die watertand lekker bykosse en spesiale cupcakes is deur die volgende bakkers gemaak:
Marti du Plessis Cake o’ Clock 061 057 9478;
Amanda Diamond 072 182 8082;
Isabel Boshoff 062 986 0803;
Auberine Leonard Cakes 4 U Home Baking 084 764 6813;
Mari Pienaar 083 289 5132
Yané Greef 063 878 4530 het die pragtige hartvormige honde koekies gemaak.
Klein- Brakrivier VLV het ook kombersies, deur Christa Vreugdenburg gemaak, oorhandig aan Michelle Bomman Durant.
Michelle Bomman Durant ontvang honde kombersies
Vanessa Barnard, onder voorsitter van GRSPCA, sny die koek wat Edna Myburgh gebak het.
Gerda Breynders, takbestuurder MBY SPCA, ontvang die honde beskuitjies wat Yanè Greeff gebak het.
Nero hou sy gunsteling cupcake hoog in die lug
Michelle Bomman Durant hou die koek was wat Edna gebak het.
Paul Muller (DBV Sleepathon) met Elfride Walter
Leave A Comment