Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Christelle Nel
Datum: 15 September 2021

Aberdeen VLV se September 2021 vergadering was weer heerlik vir almal na 2 maande sonder vergaderings a.g.v. vakansie en Covid-19 gevalle in die omgewing.
Lea van der Vyver verwelkom die lede, asook besoekers. Lea open met Rom 15:13 waar ons onself weer moet afvra of ons nog hoop, vreugde en vrede ervaar in ons lewens en ons net weer herinner word om ons vertroue in God te stel.

Na bespreking van ‘n paar VLV sake, spreek Etienne Terblanche, oud-Polisieman, die dames toe oor selfverdediging en veiligheid. Praktiese raad oor veiligheid en algemene paraatheid word gedeel. Lede vra baie vrae en neem deel aan die bespreking. Dit is belangrik om oplettend te wees. Indien daar ‘n inbreker in jou huis is, wag hom in daar waar jy is, moenie begin beweeg en geraas maak nie.

Daarna het Miems van Loggerenberg ‘n demonstrasie gegee oor ‘n gaspistool & gasrewolwer wat sonder lisensie bekom kan word.

Adele de Jager wen die gelukkige trekking van die dag. Stephanie Theron en Annalie Lategan het eetgoed gebring en verversings word geniet terwyl almal heerlik kuier.

Daarna het die lede en besoekers geleentheid gehad, om met toestemming van die plaaslike SAP, by die golfbaan die” vuurwapens” te gaan uittoets.

Etienne Terblanche demonstreer selfverdediging met Louise de Jager


Pragtige tafel met laventel & suurlemoene

 

 

Teetafel met heerlike verversings & pragtige skildery deur Annalie Lategan

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede bestudeer die vuurwapens


Groepfoto:
Agter vlnr: Christelle Nel, Miems van Loggerenberg, Annalie Lategan, Elna van Niekerk, Suzanne Lategan & Luise de Jager
Voor vlnr: Etienne Terblanche, Lea van der Vyver & Adele de Jager