Sirkel: Weskus
Tak: St Helenabaai
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 7 September 2021
Die lede het hulle beste voetjie voorgesit vir die “high tea” vergadering. Mev. Estelle du Plessis VLVK en Sirkel Weskus President het tydens die takbesoek ‘n skinkbord van Leefstyl sameroeper Mev. Estelle Coetzee, haar eie handwerk, ontvang. Bestuurslede vlnr:
Sekretaris – Elsa Kotze
Opvoeding – Elna Louw
Vise-voorsitter en Gesondheid – Esta Ueckermann
Kunste en Handwerk – Isa Pump
Voorsitter -Maggie Enever
Tesourier – Marlene Walters
Landbou en Tuinbou – Miems Bodenstein
Leefstyl – Estelle Coetzee
Openbare Sake – Annaline de Beer
Mev Miems Bodenstein het die opening behartig terwyl Mev. Maronet Blignault die verjaarsdag dames geluk gewens het en ook as “best dressed” aangewys is.
Sirkel Weskus bestuur was goed verteenwoordig vlnr.
Mevv Melaine Brand – Leefstyl
Maggie Enever – Landbou en Tuinbou
Estelle du Plessis – VLVK en Sirkel Weskus President
Elize Knoetze – Kunste en Handvlyt.
Tannie Susan Engelbrecht is vereer vir haar getroue VLV bywoning op die rype ouderdom van 94 jaar.
Na ‘n vrolike afsluiting deur die plaaslike Lyndans groep, wat die “Weskus Kwela” ingesluit het, is daar heerlik gekuier om die elegante teetafel.
Swarr en rooi maak altyd ‘n dramatiese impak.
Swart🙃