Sirkel: Weskus
Tak: Graafwater
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Marina Visser
Datum: 7 September 2021

Graafwater VLV leer meer oor Energie Heling.

Tydens Graafwater VLV se maandelikse vergadering op 7 September 2021 het Ilze Louw Schlebusch ons besoek en ‘n interessante praatjie gelewer.
Ilze is ‘n energieheler en meditasie fasiliteerder van Clanwilliam.

Sy vertel dat alles, ook die mens, ‘n elektromagnetiese veld om het wat ‘n energieveld bevat. Ons energieveld beïnvloed almal en alles om ons, sowel as onsself. Ons moet kyk na die gesondheid van ons energieveld, net soos ons kyk na ons fisiese gesondheid. Alles beïnvloed ons fisies, emosioneel en geestelik en indien dit negatief is kan dit ons siek maak. ‘n Besige omgewing tap ons energie, terwyl die rustige natuur ons weer energie gee. Energie heling help jou meer gebalanseerd en rustig voel. Dit werk holisties op ons en help ons liggaam met die spesifieke behoefte wat dit het. Daar is verskillende tipes energie-heling wat die mens op n fisiese, siels en geestelike vlak help en genees. Ilze sê dat meditasie jou kan help om jouself “reg te pak.” Dit help om die geraas rondom jou en in jou stil te maak.

Daar was ook gegeurde brode en vlakoeke gebak deur die lede vir ‘n kompetisie.

In die tyd wat ons nie bymekaar was nie, het ons plastiek artikels bymekaar gemaak vir Graafwater Spesiale Skool, wol vir iemand wat kinders leer brei en papiere met blink binnekante vir ‘n projek in Elandsbaai waar hulle potloodsakkies ens maak.

Op die foto by Mev Magda Kotze is Ilze Louw Schlebusch