Tak: Langebaan
Sirkel: Weskus
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Cynthia Huysamen
Datum: 1 September 2021
Die wind was koud, maar die son het warm geskyn – en net so warm het die oulike dames van Leefstyl ons vandag op Lentedag onthaal.
Ek wil hierdie maand berig met meer foto,s en het foto ‘collages’ saamgestel en genommer:
Collage 1:
Cornelia van Rooyen en Hetta Mans het ons tak se Augustus en September kompetisie inskrywings beoordeel en Melaine Brand het ook gehelp.
Collage 2:
Hennah Greeff by wit-olifant-tafel. Maretha Buckle en Johanna Prins by marktafel – kyk net die heerlike gebak! Corlia Basson, Tokkie Loubser en Humilta Koch gesels vroegoggend by die lootjietafel, terwyl Trudie de Goede kom aanmeld en haar gelde betaal.
Collage 3:
Tokkie Loubser open met skriflesing en gebed. Corlia Basson speel ‘n pragtige lied, deur Pink en haar dogter “Cover me with sunshine” vir die lede wat tydens Augustus en September verjaar met ‘n mooi boodskap. Magda Smit met haar laaste vergadering as Sameroeper van Leefstyl, stel ons gas, Tatiane Huysamen, bekend.
Collage 4:
Tatiane (Machado) Huysamen is gebore in Sao Fidelis, Rio de Janeiro, Brasilië. Sy het in Campos, aan Campos Universiteit studeer en haar graad as meganiese ingenieur verwerf. Sy is in Januarie 2017 in SA getroud en in Oktober 2017 weer in Brasilië. Sy is sedertdien woonagtig in Langebaan. Sy was topstudent in haar klas by Silwood Kombuis in Rondebosch, waar sy haar bekwaam het as “Patisserie Chef”.
Tatiane het ‘n demonstrasie gedoen oor koekversiering en haar resep vir die koek en die suurlemoensmeer met ons gedeel.
Humilta Koch bedank haar en oorhandig ‘n bossie blomme.
Collage 5:
Elaine Marais (Sekr.) lees name uit van lede wat nuwe poste gaan beklee en die eerste kenteken word deur Estelle du Plessis (VLVK President) aangesteek vir Louna Niehaus wat as Voorsitter verkies is. Louna het daarna ook balkies aangesteek vir Ria Nagel (Vise Voorsitter), Cornelia van Rooyen (Sameroeper-Leefstyl), Maureen Koekemoer (Sameroeper-Kultuur&Opvoeding), Cynthia Huysamen (Tesourier), Tertia Pretorius (Hulp-Tesourier).
Collage 6:
Louna Niehaus stel haar Dagbestuur en ook die Sameroepers wat teenwoordig was, bekend – altyd goed om ‘n gesig by ‘n naam te hê. Hetta Mans lees die kompetisie-punte uit. Die Leefstyl gasvroue het ‘n lieflike pakkie opgemaak en Ria Nagel was die gelukkige wenner daarvan. Tatiane het haar volledig versierde koek geskenk as lootjie en Marie de Villiers 2 was die gelukkige wenner.
Cornelia van Rooyen is jy van Bethlehem ek soek my vriendin