91ste VLVK Kongres
Datum: 26 Augustus 2021
Agter: Marianna Jordan VLVK-sekretaris en -tesourier
Voor: Estelle du Plessis, nuutverkose VLVK-president, Karien van Schalkwyk, uittredende VLVK-president en Rina Kotze, VLVK finanslid.
Karien van Schalkwyk, uittredende VLVK-president en Rina Kotze, VLVK-finanslid
Agter: Hannelie Low, nuutverkose VLVK-visepresident, Marianna Jordan
Voor: Estelle du Plessis, Karien van Schalkwyk en Rina Kotze.
Hannelie Low, Marianna Jordan, Karien van Schalkwyk, Estelle du Plessis en Rina Kotze tydens die VLVK virtuele Kongres 2021.
Hannelie Low, nuutverkose VLVK-visepresident, ontvang haar kenteken van Estelle du Plessis.
Estelle du Plessis (links), nuutverkose VLVK-president, oorhandig ‘n ruiker blomme aan Karien van Schalkwyk, uittredende VLVK-president.
Nuwe bestuur, nuwe uitdagings. Sien uit na die toekoms. Volhoubaar leef, nuut dink en doen. Nuwe era. Baie sterkte.
Marianna Mostert – Overberg, Gansbaai
Baie hartlik geluk aan Mev. Estelle du Plessis. Ons Sirkel Weskus is trots op u. En baie dankie Mev. Karien van Schalkwyk vir u liefde en harde werk. Ons wil namens Leipoldtville vir u baie dankie sê vir u omgee, ook aan ons lede en baie sterkte aan Mev. Estelle du Plessis. Mag God julle seën in alle werksomstandighede..
Liefde.
Elsabe Carstens, Voorsitter, Leipoldtville. Sektretaris Sirkel Weskus.
Ek wil graag aansluit by VLU maar is tans woonagtig in Polokwane. As jul my dalk meer inligting kan stuur sal ek dit opreg waardeer
Baie dankie
Christa
Mev Estelle du Plessis, baie geluk met die nuwe amp. Ons het by ‘n VLVK mediaverteenwoordigersgeleentheid op Stellenbosch ontmoet en ek kan met oortuiging sê, ons het ‘n goeie kandidaat as VLVK-president gekies. Voorspoed!
Letty-Ann Möller: Bredasdorptak.