Sirkel: Paarl
Byeenkoms om die Virtuele kongres te kyk.
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 26 Augustus 2021
Die Sirkelpresident, mev Marinda Rall, het dit goedgedink dat verteenwoordigers van die 8 takke in die Sirkel Paarl byeenkom om die eerste Virtuele Kongres te beleef.
Dit het toe plaasgevind in die saal van die Historium van die Afrikaanse Taalmuseum.
Daar was 16 verteenwoordigers en almal is verwelkom met ‘n koppie koffie en beskuit.
Dit was ‘n insiggewende geleentheid met baie goeie sprekers en leersame inligting wat op ‘n heel ander manier aangebied is as ‘n ware kongres, maar tog ‘n belewenis was wat moontlik gemaak is vanweë vandag se tegnologie.
Na die uitsending kon die lede lekker warm sop en vetkoek nuttig.
Agter: Gonny du Plessis, Bets Basson, Leta du Preez, Irene Myburg, Berta Spangenberg, Jolene Hall, Ely Brown, Jenny Ruthven, Marthie Swiegers, Hermien du Plessis, Amerie le Roux. Voor: Karen Barnard en Marinda Rall, die Sirkel President.
Vlnr: Die lede het wyd verspreid gesit by mooi gedekte tafels.
Leave A Comment