Sirkel: Weskus
Tak : Velddrif
Portefeulje: Openbare Sake
Verslaggewer Cornelia van Dyk
Datum van gebeurlikheid: 25Augustus 2021

TESTAMENT IN ONSEKER TYE:
Natasha Mouton verwelkom vir Kim Pistor en stel haar voor. Sy is van Laaiplek en ‘n kenner in testamente. Sy gaan met ons gesels oor die spreekwoordelike ‘klippie in die skoen’ en die belangrikheid daarvan om ‘n testament in plek te kry. Ons leef in onsekere tye waar die afsterwe van persone so vinnig kan gebeur.
Testamente moet betyds gedoen word, veral waar belangrike en waardevolle artikels en eiendom betrokke is.

‘n Testament kan getik of handgeskrewe wees, solank dit net op elke bladsy geteken is en in die teenwoordigheid van 2 getuies gedoen is, wat ook ten volle daarby geteken het.

Die datum op ‘n testament is ook belangrik om te bepaal of dit die nuutste opgestelde testament is. Indien daar nie ‘n datum by is nie, sal die hof daaroor moet besluit. Indien ‘n persoon te sterwe kom sonder ‘n testament, sal die staat die kontant vir minderjarige kinders belê tot hul die ouderdom van 18 jaar bereik.

SARS neem 20% as die inkomste uit die boedel R30miljoen is, meer as R30 miljoen neem die staat 25%.

Lede kon vrae vra en is uitgenooi na die volgende vergadering.
Lynette Wasserman was die wenner van ‘n skildery.

 

 

Lynette Wasserman – wen n skildery

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Estelle du Plessis besoek die tak

 

 

 


Kim Pistor – Spreker