Sirkel: Paarl
Tak:Wellington
Tema: Sterre & Planete
Beriggewer: Juanita Loubser
Datum van gebeurlikheid: 5 Augustus 2021

Augustusmaand word die vroue bietjie meer bemoedig en uitgelig vir dit wat hul beteken vir hulself ,maar ook vir ander rondom hulle. Goeie vriendinne is ‘n wonderlike geskenk. Hulle verstaan jou wanneer niemand anders jou verstaan nie en hul deure staan dag en nag oop vir jou. ‘n Ware vriendin is soos ‘n ster daar bo in die hemelruim, kyk net op en jy sal haar raaksien enige tyd.

So in verwondering was Wellington VLV saam met Willie Koorts, aanbieder van RSG se Sterre en Planete. Hy het van sterrestories tot sterrestelsels kom gesels.
• Onthou daar is nie 3 Susters in die Sonnestelsel, wel Konings wat Orion se belt vorm.
• Jy kry wel 7 Susters .
• Jupiter is ons grootste planeet en Saturnus is 2de.
• Die Aarde is die swaartse per volume.
• Jupiter draai die vinnigste om sy as. Venus is die warmste.
• Saturnus het 82 mane
• Mars het geen atmosfeer of magneetveld nie
• Saturnus is bekend as “Lord of the Rings” met sy ringe om.
• Pluto het sy status as planeet verloor in 2003 a.g.v Eris wat groter in deursnee is.

In Namibië kry ons by Grootfontein die Hoba meteoriet van 60 ton en die grootste op aarde.

Soutpan Krater in Pretoria is 100m diep en 1km in deursnee

Vredefort Koepel is net so bekend in ons midde en die grootste krater ter wêreld. Hy is 300km in deursnee en word gevind in die Vrystaat.

Willie sal seker die hele oggend kon aangaan met Boesmanstories wat verband hou met sterrestories en hoe verskillende kulture verskillende idees van die sterre het.
Maar na soveel inligting , kan ons net verwonderend opstaar na ons sterrestelsel en dankie sê vir hierdie wonder.

 Belangrike planete


Naaste Planete in Sonnestelsel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Willie Koorts aan die gesels en kan die man nou lekker praat.

 

 

 

 

 

Kompetisie items – June Smit teken die slaapsokkies aan

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Bokse van verwondering by die kompetisies

 

 

 


Maandelikse Marktafel met Gerda Smit

 

 

Die vergadering het die manne ook saam kom kuier.
Voor= Juanita Loubser(voorsitter) , Mnr Van den Bergh, Mnr.Pretorius
Agter: Mnr. Muller, Louise Mouton, Gerda Smit, Willie Koorts, Elsa Aebi, Mnr. Aebi