Sirkel: Tygerberg
Tak: De la Haye
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Elizabeth Joseph
Datum: 11 Mei 2021
Dit is ons tweede vergadering waar ons weer bymekaar kan kom. Almal dra hul maskers en hou by Covid protokolreëls
Tydens ons Mei-byeenkoms het Etienne Nel ons ’n bietjie ingelig oor nuwe tegnologie.
Van Gutenberg tot Google
Die ontwikkeling, aanname en gebruik van nuwe tegnologie is ‘n onontbeerlike deel van die menslike bestaan. Hoewel opposisie teen die aanname van nuwe tegnologie kan ontstaan vanuit vrees dat dit die mens se bestaan, soos wat ons dit ken, en soms ons menslikheid self, kan bedreig, bly dit vir die wat dit met ope arms verwelkom en vir toekomstige generasies wyses waarop ons met ons omgewing omgaan. In die geval van ontwikkelings in die wetenskaplike arena, gaan ons met ons fisiese omgewing om. Indien ‘n nuwe taal – of eerder nuwe woorde – in gebruik geneem word, gaan ons op ‘n kommunikatiewe manier verander hoe ons sosiaal met mekaar omgaan. Dit is nie opsigself iets wat die mensdom behoort te vrees nie, hoewel dit ekonomiese, politiese en partymaal etiese ontwrigtings kan veroorsaak. Wat ons van ons kant af kan doen om onsself te vergewis van ontwikkelinge wat plaasvind en vertroud te raak met nuwe tegnologie, is om daarmee om te gaan op maniere wat vir ons plesier gee, en waar hierdie plesierige omgang kan lei tot oormatige genot, moet ons onsself daarvan bewus hou dat dit – soos enige plesier – ook in toom gehou kan word. Die digitale revolusies wat nou aan ieder en elk se voordeur klop, het reeds so vroeg as die 1980s begin vorm aanneem, en dit stel ons is staat om inligting te verwerk en versend soos wat die mensdom nog nooit vantevore beleef het nie. Rekenaarprogramme kan met kunsmatige intelligensie algoritmes nou bepaal na watter video of liedjie ons volgende wil luister, nog voordat ons weet dat ons voorkeure vir hierdie media sy eie evolusie ondergaan en dit sonder dat ons die kunsmatige intelligensie se berekeninge kan begryp. Ons as mense, word nou in staat gestel om sulke tegnologie soos ‘n soort sensoriese prostese te kan benut en tot voordeel van ons bestaan in te span, maar ons etiese riglyne sal snel moet aanpas om te probeer voorbly met die fantastiese, en soms skrikwekkende, prestasies waartoe mense nou in staat is.
Renè Nel doen die verwelkoming. Renè neem notas.
Lede luister aandagtig
Leave A Comment