Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
Sirkel Projek: Ons gee om vir ons gesondheidswerkers
Berriggewer: Elsabe Carstens
Datum: 9 Augustus 2021

Leipoldtville het blompenne gemaak vir ons klinieke op Graafwater, Leipoldtville, Elandsbaai asookLambertsbaai Daghospitaal.

       

Hier oorhandig Elsabe Carstens, Voorsitter van Leipoldtville, penne aan Suster Phipson van Graafwater en ook aan Dr. John Hayes en Suster Eigelaar op Lambertsbaai.

Hulle was baie dankbaar oor hierdie gebaar van die VLV. Die mooiste was om te sien dat hulle ‘n slag kan sien dat ons hulle wat in die voorste linies werk, waardeer.

Dit was ‘n baie wonderlike idee om in hierdie slegte tyd ons dankbaarheid aan hulle te kon bewys.

           

Nog blompenne gemaak deur Leipoldtville Tak

Leipoldtville Tak Sirkel Projek