Tak: Langebaan
Sirkel: Weskus
Beriggewer: Cynthia Huysamen
Datum: 9 Augustus 2021
Op 28 Julie het ons Kunste&Handvlyt groep weer geskenkpakkies uitgedeel aan gesondheidswerkers by Langebaan Kliniek en by Pathcare in Langebaan.
Ons pakkies was sommer propvol lekker geskenkies:
• Carla Snyman en Hennah Greeff het mooi bedsokkies gebrei.
• Nienkie Goussard, Charlotta van Eeden en Heleen Whittle het mooi warm handskoene gehekel/gebrei.
• Cynthia Huysamen het pennesakkies gemaak.
• OK Minimark met Nienkie as tussenganger, het vir ons ‘n donasie gegee en ons kon klein koekies, warm sjokolade, 2-min noedels en sjokolade bysit.
• Ria Nagel (Sameroeper) het gesorg vir groot koffiebekers en sy het ook al die swart geskenksakke by Woolies gaan koop en hulle self mooi versier met harte.
• Ria het ook ‘n spesiale waarderingsbriefie geskryf vir elke sakkie.
• Daar was lede wat geldelik bygedra het en vir hulle en almal reeds genoem is ons dankbaar.
• Sanet Basson, Elaine Marais, Nienkie en Cynthia het Ria bygestaan met aflewering en foto’s.
Die Gesondheidswerkers was almal baie bly vir hul geskenkpakkies en dit was vir ons baie lekker om dit vir hulle te gee. Ons beplan om dit voor Kersfees weer te doen.
Leave A Comment