Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Opvoeding En Kultuur
Datum: 28 Julie 2021
Beriggewer: Theresa Troskie
Begraafplaas stap: ’n Groepie lede het tussen 11:00 en 12:00, voor die vergadering in Murraysburg se kerkhof gaan stap om meer bewus te word van die dorp se geskiedenis.
Kersies aansteek: Hannelize van Heerden, sameroeper van Opvoeding en Kultuur, steek 2 kersies aan: Een ter viering van wyle Elsjé Krüger se verjaarsdag en een omdat sy een van die groepie lede was wat by die studierigting Opvoeding en Kultuur ingedeel was.
Eetgoed vir hospitaalpersoneel: Omdat die hospitaalpersoneel ongelooflik hard werk die afgelope tyd a.g.v. die uitbreking van Covid-19, asook met die inentingsveldtog, het Hannelize gereël dat die VLV lede heerlike eetgoedjies vir die personeel voorberei om ons dankbaarheid te getuig.
Voel jy af? Covid-19 het ’n negatiewe emosionele uitwerking op ons almal. Hannelize gee wenke oor die invloed van die siekte op mense wat angstig en afgesonder leef.
• Stel jouself aan nuwe ervarings bloot;
• Rus en kry so nuwe woema;
• Terwyl jy nou dormant is op biologiese, sielkundige, godsdienstige, fisieke en sosiale gebiede, doen bestekopname van jou lewe;
• Stel klein doelwitte – baby steps;
• Moenie ander se behoeftes bo jou eie stel nie;
• Maak klein positiewe veranderinge in jou lewe elke dag;
• Wees positief en geniet die klein dingetjies in die lewe, ens.
Braille: Hannelize vertel kortliks die geskiedenis en ontstaan van Braille: ’n Fransman wat sy sig verloor het, het Braille in 1824 geskep. Dwarsdeur sy lewe het hy die skrif hersien en verbeter. Elke lid ontvang ’n drukstuk met die Braille alfabet en die eerste paar getalle. Na ’n verduideliking van hoe die skrif werk, moet elke lid ’n paar Braille woorde ontsyfer en ook ’n paar woorde in Braille skryf. Die lede geniet die interaksie.
Bespreking en uitdeel van ’n gedrukte stuk: Covid-19: Virustoetse en inenting: Hierdie stuk is nie fopnuus nie, maar die werk van twee gesaghebbendes in hul veld:
1. Prof. Monique Zaahl, Dept. Genetika aan Universiteit Stellenbosch;
2. Prof. Burtrum Fielding, Molekulêre Bioloog – Universiteit wes-Kaap.
In die stuk word die verskillende toetse bespreek asook Pfizer 1 en 2 en Johnson & Johnson inentings.
Bingo: Hierna is dit speeltyd en almal het baie pret terwyl ons Bingo speel en die wenner ’n sjokolade ryker is!
Bingo! Hannelize van Heerden agter. Christa van Heerden, Elana Grobler, Rialene van der Merwe
Braille – Wilna Pienaar, Alna Theron, Dorees Pienaar
Braille – Michelle Swiegers en Luané Mc Lachlan
Leave A Comment