Sirkel: Noordwes-Kaap
Tak: Oranjevallei
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Mieke Besuidenhout
Datum: 20 Julie 2021

“ VERGADERING IN ‘N POT “

Terwyl ons nie fisies mag vergader nie, het ek maar ‘n ander plan bedink en bied dan vir jou hierdie “vergadering in ‘n pot “ aan.

 

  1. Maak vir jou ‘n heerlike koppie koffie / tee en ontspan met die inhoud van hierdie pot.

 

 

2. Lees die lewensgeskiedenis van FRIDA KAHLO en die inligting oor haar kuns. Haar kuns is op die oomblik baie gewild en daar is nog baie inligting oor haar en  haar kuns op Google .

 

 

               

3. Ingesluit is alles wat jy nodig het om ‘n sleutel houer met MACRAMÉ te maak . Geniet en raak lus om ons kompetisie artikel te maak.

 

 

4. Ook ingesluit, is 2 mooi kuns kaartjies van ons eie VLVK hoofkantoor en textiel museum in Stellenbosch.

 

5. Net om almal weer bietjie op te skerp en ook vir moontlike nuwe lede werwing, die VLVK inligtings blaadjie .

 

6. Hoop julle geniet hierdie “vergadering “……. sit asseblief foto’s op ons WhatsApp groep van jouself waar jy die inhoud geniet en ook jou votooide sleutelhouer .

Tot ons weer “regtig” mag vergader, bly asseblief gesond en veilig .