Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Gemeenskap Betrokkenheid
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 19 Julie 2021

Die geheime serpe-projek
Lydie Terblanche en Lynette Nel, voorsitterspan van die Klein-Brakrivier, het Saterdag, 17 Julie serpe wat deur lede van die tak gemaak en geskenk is, gaan afgee. Die serpe-projek (Secret Scarfs) is ‘n inisiatief van 67 Blankets for Nelson Mandela Day en word jaarliks in Julie gedoen. Serpe (met kaartjies wat lees, “I am not lost. If you are cold and need me, please take me. With love. 67 Blankets for Nelson Mandela Day xxx”) word oor bome, pale, drade en heinings gegooi vir enige behoeftige om dit gratis te neem.

Dit Klein-Brakrivier-tak het saamgespan met Marilyn Collins, die stigter van die Frolicking Ladies, om die 67 Blankets Ambassadeurs – Ria Potgieter en Jenni Joubert – by te staan deur vir Mandela-dag bydraes te lewer. Intussen het 67 Blankets ook mussies aan kindertjies by skole en kleuterskole uitgedeel, alles binne die Covid-reëls. Die 67 Blankets for Nelson Mandela Day het reeds in 2013 tot stand gekom, nadat President Mandela se eertydse assistent Zelda le Grange, Carly Steyn uitgedaag het om 67 komberse vir Mandela se verjaarsdag op 18 Julie te maak, brei of hekel.

Hierdie projek hou duisende minderbevoorregtes warm en dit is ‘n voorreg om deel daarvan te wees.

Serpe word uitgedeel: (van links na regs) Marilyn Collins, Lynette Nel, Lydie Terblanche, Ria Potgieter


Beanies en serpe word by die Powertown crèche uitgedeel.


Logo

 

 

 

 

 

 


Lydie se honde-kind modelleer serpe