Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Datum: 17 Julie 2021
Beriggewer: Nellie Viljoen

Irene van der Vyver, erelid van Vryburg VLV het die ongelooflike mylpaal van 102 jare bereik. Sy was die tak se tesourier vir 25 jaar en lede het haar bedank vir haar mooi en voorbeeldige lewe. Tans is sy die oudste lid in Sirkel Kalahari, voorwaar ‘n prestasie!

 

Tannie Irene met die kaartjie en pakkie wat lede vir haar afgegee het.