Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Studierigting: Leefstyl
Datum: Julie 2021
Beriggewer: Nellie Viljoen
Vryburg is beeswêreld en daarom het Vryburg VLV besluit om resepte van lede saam te stel om die gebruik van beesvleis te bevorder. Dit maak ook deel uit van die tak se projek ‘Koop plaaslik’. Die boekie bevat 113 resepte van ‘n wye verskeidenheid vleissnitte, iets vir elke smaak. Hier volg een van die resepte:
Bief roerbraai Erika Linde
750 g biefstuk/filet 3 sprietuie, gekap
45 ml sojasous 45 ml water
25 ml mielieblom 25 ml sjerrie
2 ml sout 45 ml sonneblomolie
45 ml oestergeursous 7 ml suiker
Sny vleis saam met grein in repies van 5 mm. Meng sprietuie, sojasous, water, mielieblom, sout en sjerrie en laat vleis 15 min marineer. Verhit helfte van olie in wok of swaarboomkastrol. Roerbraai helfte van mengsel bruin. Verwyder uit pan en braai dan ander helfte. Voeg res van vleis, oestersous en suiker by, roerbraai 1 min. Bedien warm met rys. Kan met hoenderborsies vervang word.
Beesvleis is mos kos
Leave A Comment