Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 15 Julie 2021

Carene Cooper, sameroeper vir Kunste en Handvlyt, het die VLV Bredasdorptak Dinsdag, 13 Julie 2021, aangenaam verras. ‘n ‘Goodie bag’ is by elke lid se voordeur afgegee. In elke bruin kardoessakkie was ‘n raampie, ‘n uitnodiging na ‘n huisstudio en tuisgebakte beskuit.

Die vergadering is met die chronologiese opvolg van video’s, stemgrepe en foto’s op WhatsApp gedoen.

Die lede kan nie uitgepraat raak oor alles wat hulle – veral ten opsigte van raamwerk – geleer het nie.

Die volgende aspekte is gedeel…