Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 18 Junie 2021
Aberdeen VLV Vadersdagbederf
Aberdeen VLV bederf die inwoners van Aalwynhof Ouetehuis op die dorp ook vir Vadersdag. Elke inwoner ontvang ń individueel verpakte kolwyntjie, sowel as ‘n sakkie met lekkernye – varsgebakte koekies, vrugtelekkers, skyfies en ‘n sappie. Carina Esterhuizen het die kolwyntjies en koekies gebak en lewer die bederfpakkies saam met Lea van der Vyver af.
Kolwyntjies individueel verpak. Vrolik versierde kolwyntjie.
Vars tuisgebakte koekies.
Bederfsakkies word gepak – Carina Esterhuizen en Schalk Theron.
Lea van der Vyver bind die sakkies toe.
Bederfsakkies en kolwyntjies afgelewer by Aalwynhof – a.g.v. Covid-19 regulasies is daar nie ‘n gesamentlike tee nie. Elke inwoner ontvang Vrydag middag die kolwyntjie vir teetyd en op Vadersdag sy/haar eie bederfsakkie.
Vlnr: Marlene Luiters ontvang names Aalwynhof die eetgoed vanaf Carina Esterhuizen en Lea van der Vyver.
Leave A Comment