Sirkel: SWD
Tak: Kleinbrakrivier
Projek
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 15 Junie 2021
Juniemaand in Klein-Brakrivier
Dit is winter hier in Klein-Brakrivier en ons VLV-tak het die Hartenbos Versorgingsoord gaan verras met sakke en sakke vol gebreide komberse.
Suzette, Lydie en Lynette
As gevolg van die verhoogde COVID-gevalle het ons tak besluit om nie amptelik bymekaar te kom nie, maar om eerder op gemeenskapsprojekte te fokus. Daar is genoeg kombersies deur vrywillige lede gebrei om vir almal in die Hoë versorgingseenheid, asook die Altzeimerseenheid kombersies te gee = 35 mense. Die Versorgingsoord het 80 inwoners en 35 personeellede. Ons Voorsitter-span Lydie en Lynette is deur Suzette en Elfride vergesel wat elkeen drie komberse gebrei het. Ons is ontvang deur stafverpleegster Marinda Steyn, Suster Evenja Maritz en die Oord Bestuurder, Johan Jacobs. Ons was so beïndruk met die goeie werk wat dié toegewyde personeel vermag, dat ons besluit het om weer vir Kersfees ‘n projek vir hulle toe doen.
Die projek vir Juliemaand is serpe, hetsy gebrei, gehekel of van materiaal gemaak, wat aan minderbevoorregtes uitgedeel gaan word.
Vlnr: Marinda Steyn – stafverpleegster; Evenja Maritz – Suster; Elfride, Lynette en Suzette van ons VLV-tak.
Agter- Johan Jacobs, oordbestuurder
Leave A Comment