Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
Studierigting: Gesondheid
Beriggewer: Elsabe Carstens
Datum: 9 Junie 2021
Nadat ons die dorp, Leipoldtville, skoongemaak het, het ons gaan aansit vir ons Gesondheid vergadering.
Petra Greeff uit ons eie Kontrei, waarop ons baie trots is, is ‘n Borsvoedingskonsultant(Suid Afrikaans gesertifiseerde borsvoedingskonsultant). Sy het ook haar nagraadse diploma gedoen deur die Witwatersrand Universiteit en is ‘n geregistreerde dieëtkundige. Sy het haar graad gedoen deur die Noordwes Universiteit.
Sy lewer vir ons ‘n praaitjie van wat ons daaglikse behoeftes is en van watter soorte kos jy die regte hoeveelheid moet inkry. Sy verduidelik ook hoekom ons sekere kosse moet inkry en ander moet probeer vermy.
Lede het baie vrae gehad en na die tyd het sy elke lid met haar spesiale toerusting getoets vir:
Jou ouderdom – Basale metaboliese ouderdom (jou metaboliese spoed is soortgelyk aan watter ouderdom persoon); Persentasie water in jou liggaam (H2O); Vetpersentasie ; Spiermassa in kg; Beenmassa in kg; Maag (is hoeveelheid vet om die middellyf is). Indien daardie getal te hoog is, kan dit u risiko verhoog vir hartsiektes.
So kon sy help dat elkeen nou beter kan omsien na hul eie gesondheid aangesien hul nou weet waar hul probleem is en weet waarop om te let.
Anita Lalor (Saamroeper Gesondheid) het vir ons heerlike verversings na die tyd aangebied wat sorg dat ons gesond bly!
Anita Lalor, Saamroeper van Gesondheid (regs) en Petra Greeff.
Heerlike gesonde verversings.
Leave A Comment