Sirkel: Middelland
Tak: Aberdeen
Portefeulje: Landbou & Tuinbou
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 9 Junie 2021
Aberdeen VLV besoek Dowefontein Slaglam Slaghuis
Vir Junie 2021 se vergadering besoek Aberdeen VLV Dowefontein Slaglam se slaghuis op ‘n plaas buite die dorp. Lea van der Vyver verwelkom lede en Elna van Niekerk, Saamroeper Landbou & Tuinbou, open met ‘n stukkie wat sê dat ons volgens God se Woord moet leef en dat Hy ons nuwe moed en krag gee.
Eienaar Hantie Marx neem lede na sy slaghuis vir ‘n praktiese demonstrasie in die fynere kuns van vleis opsaag. Voor die demonstrasie word die prys van vleis in die waardeketting, vanaf die boer tot by die eindverbruiker, in detail verduidelik. Die verskillende faktore wat die prys by elke skakel in die proses beïnvloed, word uitgelig om aan te dui wat die finale prys beïnvloed. Beperkte raklewe van vars vleis, sowel as die vraag van die verbruiker na spesifieke voorkeursnitte, veroorsaak ook hoër pryse van daardie snitte. Met die hulp van 4 werkers in die slaghuis, word die opsaag van ‘n gevriesde lam, ‘n vars skaap, ‘n kudu en bees “steak” gedemonstreer en verduidelik. Aangesien baie van die lede self ook vleis bewerk, word baie vrae gevra en nuwe inligting gedeel.
Die oggend word afgesluit met heerlike vars roosterkoeke saam met ham en kaasworsies wat op die plaas gemaak is. Sonette Müller en Karen van Rensburg word gelukgewens met hul verjaarsdae en Elise Steynberg wen die gelukkige trekking van die dag.
Gevriesde lam word opgesaag
Skaapvleis reg vir verpak
T-been reg vir opsaag
Boudbiltonge word uitgehaal
Werkers vlnr: Theo Louw, Neville Louw, Plakkies Henley, Fearless Kamfer
Elna van Niekerk, Saamroeper Landbou & Tuinbou, bedank Hantie Marx
Vars roosterkoeke
Groepfoto: Vlnr: Adele de Jager, Elna van Niekerk, Carina Esterhuizen, Elise Steynberg, Magriet Haasbroek, Lucille van der Merwe, Annalie Lategan, Lea van der Vyver, Lize de Jager en Luise de Jager.
Leave A Comment