Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
VLVK Projek: Plastiek ons vyand/Plastic our enemy
Beriggewer: Elsabe Carstens
Datum: 9 Junie 2021

Op Woensdag 9 Junie 2021 het die VLV vrouens van Leipoldtville die strate ingevaar van die dorpie Leipoldtville en in die strate begin opruim.

             

Strate in!

Die dames het in twee spanne opgedeel om gouer die strate mooi skoon te maak.

Annette Gilham was so gaaf om terwyl sy stap, vir ons ’n paar foto’s te neem.

 

                       
Elsabe Carstens(Voorsitter)                                                        Elsabe Carstens en Anita Lalor

Daar is by ons gestop in die straat om te vra: “Wat doen julle?” Van die inwoners het selfs gevra of hulle nie kan kan help nie?
Ek dink met die voorbeeld wat ons gestel het om ons eie dorp skoon te maak en baie dit gesien het, sal daar hopelik in die toekoms minder vuilgoed rondgegooi word.

Marietjie Carstens

Van die skoolkinders het gestop en ons aangegaap. Wonder wat in hulle koppe aangegaan het? Toe ons vir hulle sê hulle moet nie hulle papiere en bottels neergooi nie, het hulle gesê, dit is nie hulle nie, dit is die ander……

Ons is dankbaar ons kon op die manier ’n bydrae lewer om ons eie dorp weer mooi skoon te maak.

“Charity begins at home”