Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 8 Junie 2021
Van die lede demonstreer hoe plastiek houers en sakke verwerk kan word tot nuttige artikels. `n Plastiek saphouer kan `n klein vetplanttuintjie word deur die bottel se een kant te verwyder, grond en klippies in te gooi en klein plantjies te plant. Die plasing van `n klein ornamentele padda rond die tuintjie af.
Een van ons lede wys hoe sy verskillende grootte plastiese houers gebruik het om `n wasgoedpennetjie houer, seep- of sponsbak en houer vir penne en teelepels te maak. Verskillende kleure kleeflint rond die houers af en maak dit mooi kleurvol. Haar kleindogter het net so fluks saamgewerk en so leer die kinders van `n jong ouderdom af dat plastiek herwin moet word.
Nog `n manier om plastiek te gebruik is deur “fusing”. Dit is die saamvoeg van verskillende lae plastiek om een entiteit te vorm. Ses to agt lae plastiek met die gedrukte deel na die binnekant word tussen aftrek- of bakpapier geplaas. Met die strykyster op no 3 verstelling word hierdie lae aan weerskante vir tien tot sestien sekondes gestryk. Dit moet `n aanhoudende beweging wees anders kan die plastiek gaatjies brand. Sorg dat die kante goed gestryk word en die lae `n eenheid vorm. Indien daar nog blase in die plastiek is, moet die proses weer herhaal word. Hierdie saamgevoegde plastiek kan gebruik word om kruideniersware sakke, lampskerms, handsakke, klere, bababorslappe, plekmatte en klein sakkies te maak.
Vetplant tuintjie in `n houer
Wasgoedpennetjie houer
Miela en Marinda Neveling aan die werk
Vorms in ander kleure plastiek bygevoeg
Grimeersakkie van saamgepersde plastiek
Leave A Comment