Tak: Langebaan
Sirkel: Weskus
Beriggewer: Cynthia Huysamen
Datum: 2 Junie 2021

Ons het sommer baie lekker Kersfees gehou dié maand. Kunste en Handvlyt se sameroeper, Ria Nagel en haar groep, het regtig die gees van Kersfees geskep met die dekor.
Na die verwelkoming, opening en nodige sake, het ons NG Kerk Koster, Marius, heerlik met ons kom gesels en gedemonstreer hoe hy Kersversierings maak. Hierdie man het ‘n spesiale liefde vir ‘n toiletrolletjie en maak die mooiste goed daarmee. Marius het ook gewys wat gemaak kan word van koeldrankbottels, karton eierhouers, wyn kurkproppe, “foamalite”, enige kartonboksies, papiersakkies, ens.
Marius is ook die persoon wat die jaarlikse Kersliggie Fees by die kerk op die been gebring het en hy doen so te sê alles self – voorwaar ‘n kreatiewe mens.
Voor en na afloop van die vergadering kon Marius se handgemaakte items besigtig word en ‘n paar mense het belangstelling getoon om meer by hom te leer – dalk kan ons almal se liggies hierdie Kersfees helderder skyn.

Dit was ons eerste vergadering na grendeltyd dat daar tee en ‘n eetding was – ‘n klein kerskoekie vir elkeen – baie lekker en gebak deur ons sekretaresse, Elaine Marais.

“Nativity scene” gebrei deur Nienkie Goussard en die boom se handgemaakte Kersversierings, onder andere, was ook deur haar gemaak.

       

 

 

 

 

 

Verjaarsdae –  gelukwensing is deur Charlotta van Eeden gedoen.

Spreker, Marius, word bedank en die geskenk oorhandig deur Hennah Greeff.

Elize Retief het die gelukkige trekking gewen.