Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 1 Junie 2021

Tydens die Landbou- en Tuinbouvergadering van 1 Junie 2021 het Carin Groenewald haar hele span suksesvol betrek. Aspekte soos steggies vir huisplante(Madelene Loubser);Herwinning(Carin, Elize Robbertze, Anette Fourie en Sulene van As) en praktiese gebruike van die spekboom(Elize Robbertze) het groot byval gevind. Annette van Eeden(voorsitter) het die Lydia Geldenhuys trofee vir Woordkuns by dié vergadering aan Letty-Ann Möller oorhandig.

Letty-Ann Möller ontvang die Lydia Geldenhuys trofee vir Woordkuns.

 

 

 

 

 

Elize Robbertze bespreek die nuttige gebruik van die spekboom.

 

 

 

 

Anette Fourie demonstreer herwinningsplanthouer.

 

 

 

 

 

 

 

Sulene van As wys hoe plastiekbottels herwin word.

 

 


Madelene Loubser demonstreer hoe verskeie huisplante van steggies geplant kan word.

 

Carin Groenewald vat die konsep van huisafval en munisipale herwinning vas.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Annette van Eeden, takvoorsitter, aan die woord.

 

 

 

Ons wil ook graag vir Ina Odendaal geluk wens met die ontvangs van haar 25-jaar kenteken wat sy tydens die Leefstylvergadering op 4 Mei ontvang het.

Ina Odendaal (links) ontvang haar 25-jaar diensknopie van Lorraine du Toit,vise-Voorsitter.