Sirkel: Weskus
Tak: Graafwater
Studierigting: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Marina Visser
Datum: 1 Junie 2021

Graafwater VLV besoek Bettie Bok
Dinsdag, I Junie 2021 besoek Graafwater VLV Bettie Bok tussen Leipoldtville en Lambertsbaai. Die weer was geskik vir n heerlike stoep-kuier. Eienaar W.A. Hugo vertel kortliks van hulle bokke en besigheid. Die Saanen bok gee tot ag liter melk per dag. Hulle het ook die Brits Alpine en Toggenburg bokke. Hulle bokmelk is meer verteerbaar as koeimelk en kan binne perke gebruik word deur persone wat aan lactose-intoleransie ly. Die Hugo’s maak vandag tot 7 tipes kaas. Lillibet Hugo vertel meer oor dié kase en laat die lede proe. Daar was o.a. ‘n roomkaas (Chèvre Frais), Feta, Haloumi, Alm öhi (‘n harde ronde kaas vernoem na Heidi se oupa) en as-kaas (kaas met groente-as rondom) met die naam “Die Pikkewyn”). Om die besoek af te sluit geniet die dames kaaskoek en melktertjies wat alles ook van bokmelk gemaak word.