Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Portefuelje: Openbare Sake: Armoede projekte
Beriggewer: Karen Barnard
Datum: 27 Mei 2021
Wellington reik uit na Gesondheidswerkers, Huis Silwerkruin en Sunfield Homes, Wellington
Die dames van Wellington het na die gesondheidswerkers van Soetendal en Niewedrift Klinieke uitgereik en bederfpakkies vir al die hardwerkende gesondheidswerkers gegee.
Bederfbottels is ook afgegee vir die personeel van Huis Silwerkruin.
Wellington Tak se dames was baie fluks en het gebrei en gehekel en komberse is aanmekaar gesit vir die inwoners van Sunfield Homes. Sunfield Homes is net buite Wellington en huisves en versorg gestremde volwassenes.
Die gesigte van die mans en vroue in die meer verswakte afdeling van Sunfield Homes het opgehelder met die uitdeel van die komberse. Die inwoners het self gekies en dit was ‘n nuttige geskenk so aan die begin van die winter.
Bederfbottels vir Huis Silwerkruin
Niewedrift Kliniek
Leave A Comment