Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Portefuelje: Leefstyl
Beriggewer: Karen Barnard
Datum: 27 Mei 2021

Demonstrasie van denim en leersak

Die portefuelje vir Leegstyl het gesorg vir ‘n leersame en genotvolle oggend.

 

 

 

Karen Barnard het vir die dames wenke kom gee oor die drasak van leer en denim. ’n Voorbeeld van ‘n sak was te siene en die vangplekke is uitgewys. Volledige lys van benodigdhede en vereistes is ook aan die dames gegee. ‘n Werkswinkel sal gehou word om sekere stappe vir die dames te demonstreer.

 

 

 

 

 

 

Die oggend is verder opgevrolik deur André Victor snr en jnr van Wellington. Hulle het vir ons op verskillende instrumente soos kitaar, mondfluitjie, fluit en verskillende konsertinas liedere kom speel.

 

Die marktafel, vol vars en tuisgebakte produkte saam met die “high tea” het verder gesorg vir ‘n heerlike byeenkoms.