Sirkel: Overberg
Tak: Kleinmond
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Datum: 25 Mei 2021
Beriggewer: Hermien Van Zyl
Fotograaf: Alice Van Rooyen

Met die herfsvergadering van 25 Mei het die VLV-lede van die portefeulje Kunste&Handvlyt werklik die diversiteit van hierdie studierigting onder die aandag van die gehoor gebring.

Sommer met die instapslag is almal se asems weggeslaan deur die blommekuns waar “Die laaste Herfsblare” omskep is in treffende rangskikkings.

                   

“Die laaste Herfsblare”

Kompetisiefoto’s het “As dit reën” uitgebeeld en die waarderende gehoor het die leerders van die Handevat-Musiekgroep teruggeroep vir toegifte ná hulle skitterende optredes met ‘n vioolsolo en trompetduet met klavierbegeleiding.

Die leerders wat opgetree het, v.l.n.r. Tristan Oliver(trompet), Maurescher Oliver(viool), Marion van Rooyen(begeleier) en Lutho Dyonkile(trompet)

Die solosangbydrae van Karlien Venter het ingesluit “Aan die einde van die reënboog” en die tema uit “Beauty and the Beast”.

V.l.n.r. Karlien Venter en begeleier Rika Steenkamp saam met Kleinmond se taksaamroeper vir Kunste&Handvlyt, Annie Jooste.

 

Sonja Viljoen se voorlesing van die Chris Barnard-kortverhaal “Warmpatat” almal op die punte van hulle stoele en tjoepstil gehou het!! Ongelukkig wou die YouTube-video oor die tegnieke van abstrakte kuns nie speel nie, maar die skakel is met almal gedeel.

Sonja Viljoen, voorleser, (regs) saam met Cathleen Joubert, een van die middag se gasvroue.

 

 

 

 

Bykomend kry lede nou maandeliks die geleentheid om ‘n spogartikel wat hulle gemaak het, te vertoon. Brenda Neethling, hulp-sekretaresse, hekel en brei kombersies, en sy het van dit kom uitstal.

 

Brenda se mooie kombersies

 

 

Die tak moes egter ook afskeid neem van ‘n waardevolle lid wat na ‘n aftreeoord in Worcester verhuis en groet vir Nelie Ungerer met ‘n seer hart.

           

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Hermien van Zyl, sekretaresse, het namens die tak ‘n plant aan Nelie Ungerer oorhandig om by haar nuwe tuiste te gaan plant.

 

Nelie Ungerer beoordeel nog vir oulaas die Gebottel en Gebak.

 

 

 

Wenfoto van Jean Landman “As dit reën”