Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 22 Mei 2021

Klein-Brak VLV tak het op verskeie vlakke en met groot entoesiasme die Mosselbaai DBV se onlangse Sleepathon op 22 Mei 2021 ondersteun. Oom Paul Möller wat 72 jaar oud geword het, het sy verjaarsdag gevier deur 72 uur in die hondehokke deur te bring. Hy is bygestaan deur verskeie individue en instansies om geld in te samel vir hierdie belangrike saak.

Onder leiding van VLV Projeksameroeper, Lynette Nel, is artikels deur taklede ingesamel, geskenk en die boot sale stalletjie beman. Tak verteenwoordigers het ook al die bestanddele vir ‘n heerlike kerrie-en-rys geskenk, voorberei en tydens die geleentheid verkoop. Fondse wat ingesamel is en die oorblywende artikels is na die geleentheid aan die DBV geskenk.

 

Kerrie en rys stalletjie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lede beman die stalletjie vir die kattebakverkoping

 

 

 

 

 

 

 

 

Semi-finalis van Mevrou Suid Afrika saam met Vanessa Barnard en Adine Hattingh van DBV

 

Oom Paul Moller wat 72 jaar oud geword het.