Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Studierigting: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Carien van Niekerk
Datum: 20 Mei 2021

TSWANA BYBELS VIR PLAASSKOLE

Godsdiens kwyn so in ons skole, maar Chistenskap en die uitleef van hul godsdiens blom in die plaasskole in Lefton se omgewing. Met ‘n plaasskool op ‘n boervrou se plaas kom daar ‘n ander verantwoordelikheid ook op haar pad. Ons VLV vrouens kan mos nie onbetrokke bly nie en help waar ons kan.

VLV Vryburg se Esta Twigge en Carien van Niekerk het twee plaasskooltjies in hul omgewing, nl. Tswaranang en Malebogo Primêre skole. Hierdie skole bedien sowat 40 kinders elk vanuit die plase in die omgewing. In Mei 2021 het ons Tswana kinderbybels asook hardeband Tswana Bybels geskenk vir elke klas by beide skole.

 

 

 

 

 

 

Esta Twigge saam met die skoolhoof by Tswaranang, mnr Sam Kupa.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Carien van Niekerk by die skoolhoof by Malebogo, ms Keolobogile Letlhaku.