Sirkel: Paarl
Tak: Suider-Paarl
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 19 Mei 2021

Die Suider-Paarl Tak het op 19 Mei hul 66ste bestaansjaar gevier. Daar is streng gehou by die reëls i.v.m. die Covid 19 pandemie.

‘n Vrolike item is gelewer deur Marie Hammann wat deur die jare se notuleboeke gesnuffel het en oulike staaljies voorgelees het.
Sy het vertel dat in 2007 ‘n vergadering spesiaal aan honde gewy was, dus was daar hondejassies gebrei, hondekombersies van laslappies gemaak en hondepille gebak.

Sy het toe vier dames gevra om meer oor hul honde te vertel en selfs blaf soos hul honde. Dit het almal in ‘n vrolike luim gehad.
Die Gasspreker was Hermaine van der Sluys wat vertel het van haar stokperdjie. Dit is om met hars (resin) te werk. Sy het ‘n baie interessante demonstrasie gedoen .

Daar was ‘n hele aantal gebruiksartikels soos broodplanke,eierhouers, klein bakkies en deksels van flessies wat sy uitgestal het.
Daarna is die lede bederf met ‘n koppie tee en ‘n pragtig versierde dosie met heerlike eetgoed in.

Vlnr Alida Taylor, Gonny du Plessis, Hermaine van der Sluys

 

 

 

 

 

Produkte wat klaar versier is met hars.

 

 

 

 

 

Lede kyk hoe Hermaine te werk gaan .