Sirkel: Worcester
Tak: Maria Stofberg
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Alta Britz
Datum: 13 Mei 2021

Maria Stofberg VLV tak op Worcester se Kunste en Handvlytvergadering is by die Hugo Naude Kunsskool in Worcester gehou. Die Hugo Naude Kunsskool is in 1943 deur mnr Hugo Naude, bekende landskapskilder, gestig. Mnr Jean Welch, vader van die bekende Stephan Welch, was die eerste skoolhoof. Daar was toe 70 leerlinge met 5 personeellede, en vandag is daar 2000 leerlinge met 6 personeellede!! Daar word verskillende kunsvorme aangebied. Kinders wat kuns neem kom in die namiddae na die kunsskool toe.

Mnr Richard Ellman, hoof van die kunsskool gee vir ons ‘n demonstrasie van hoe om ‘n kwaslose abstrakte skildery in akrielverf te doen. Met dìè opdrag kan jy enigiets doen wat jy wil.

Jy kan vir jou ‘n prentjie in jou kop kry van wat jy min of meer wil uitbeeld.

Orde is die objek en wanorde is abstrak. Jy begin met jou ligste kleure eerste. Jy moet orals op die oppervlakte werk, maar nie met ‘n kwas nie. Jy hoef nie elke keer dieselfde tegniek te gebruik nie.

Hy gebruik buisies akriel verf. Hy demonstreer vir ons die verskillende artikels wat ons kan gebruik in plaas van ‘n kwas. Hy begin sy skildery deur die agtergrond met ‘n besem, wat se hare baie kort is, en ‘n skropborsel, te verf. Hy gebruik ook ‘n spons om patrone te maak, en mat monsters vir teksture.

Jy werk ook met houtblokke en ‘n palet mes. Gebruik ook ‘n opgefrommelde plastieksak met verf op vir patrone. Jy gebruik ook jou hande en vingers. Jy kan dele van jou prent liggies nat maak met water en dan met opgefrommelde toiletpapier daarin werk. Soos jy die artikel draai ontwikkel die prent. Jy kan op enige manier na die prent kyk dan is dit reg.

Dit was ‘n baie lekker leersame vergadering, selfs die van ons wat nie kuns in ons het nie, sien ook amper kans om dit te doen.

Lede het van hul skilderkuns artikels uitgestal.

Lede het ook fluks aan die kompetisies deelgeneem. Die kompetisies was: Gebottel: Wortel-pynappelkonfyt; Naaldwerk: ‘n Kussing met ‘n geborduurde boodskap op en Kuns: Knope en krale collage. Alta Britz was die algehele wenner. Sandra Uitenbogaardt se knope en krale collage was die mees uitstaande artikel.

As gevolg van Covid-19 mag ons nie om die teetafel kuier nie, maar kon ‘n dosie met eetgoed en ‘n sappie huis toe neem.

Mnr Richard Ellman


Alta Britz (Sekretaresse), Gerda v.d. Vyver (Voorsitter), mnr Ellman en Bettie Swanepoel (Sameroeper van Kunste en Handvlyt)

 

 

 

Verversings wat lede kon huis toe neem

 

 

 

 

Kompetisies

 

 

 

 

Mees uitstaande kompetisie artikel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Marktafel – Annamarie du Toit en Sandra Uitenbogaardt