Sirkel: NOK
Tak: Dordrecht
Studierigting: Leefstyl
Aanbieder: Elize Oosthuizen
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 19 Mei 2021
Vir Meimaand het die groepie entoesiastiese vroue by Elize Oosthuizen se plaashuis bymekaar gekom. Almal kon heerlik inkopies doen by persone wat produkte gebring het, asook uitstallings bewonder, soos die papiermache hase wat ons verlede keer gemaak het, en die gebreide poppe/diertjies van Koekie Oosthuizen wat aan die Universitas Hospitaal in Bloemfontein se Kinder-Kankerafdeling geskenk gaan word. Hierna is enkele reëlings i.v.m. 2022 se Sirkelkonferensie (wat DV in Maart in Dordrecht aangebied gaan word) bespreek.
Elize Oosthuizen is Dordrecht se Saamroeper van Leefstyl en het die plaaslike Elsa Schmidt ( vergesel deur haar dogter Petru) gevra om haar suurdeeggebak te kom demonstreer. Elsa het vooraf al die resepte aan die lede gestuur, en ook voorbeelde van elke soort gebak saamgebring. Daar was klein broodrolletjies, Hotdog rolletjies, Rosynebrood en Kaneel buns. Sy het o.a. gesê dat ‘n mens nie lui moet wees om deeg genoeg te knie nie. Die water moet sterk lou wees – die deeg moet warm geKNIE word en nie te veel rys nie. Sy verkies aartappelsuurdeeg. Daarna kon almal heerlik smul aan die voorbeelde!
Leefstyl-saamroeper Elize Oosthuizen & Elsa Schmidt
Voltooide Papiermache hase
Die brode! Voor is groot en klein broodrolletjies, regs die Rosynebrood, en agter die Kaneel rolletjies
Die tafel met verkoopware, met die gebreide poppies vir Universitas Hospitaal in Bloemfontein
Leave A Comment