Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Studierigting: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 18 Mei 2021
Klein-Brakrivier Tak het op 18 Mei lekker saam met Trienie Barnard, SWD Sirkel Kunste en Handvlyt Sameroeper, gesels en gekuier. Altyd vriendelik en behulpsame Trienie het oor verskeie kuns tegnieke, die kompetisie artikels vir SWD en VLVK gesels en lede aangemoedig om deel te neem.
Die hoogtepunt was egter die demonstrasie om dekoratiewe balle met porseleinklei te versier. Daar was balle te koop vir gaste en voorafbereide klei (deur Kunste&Handvlyt Sameroeper Christa Vreugdeburg), is aan elkeen uitgedeel om mee te speel. Trienie moes bontstaan om elkeen met raad en daad by te staan, maar die groep was so gemotiveerd dat almal agterna lus was vir dié balle-ding.
Die tee-tafels deur onder-Voorsitter Lynette Nel en haar span was so pragtig, Trienie het opgemerk dat dit soos ‘n troue lyk! Altesaam 40 lede en gaste het die oggend terdeë geniet.
Leave A Comment