Sirkel: Noordoos-Kaap
Studierigting: Leefstyl, Kunste & Handvlyt en Landbou
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 15 Mei 2021

37 lede van Sirkel NOK se 5 takke het op Saterdag 15 Mei in Queenstown se NG Kerksaal byeengekom om meer te leer van volgende jaar se VLV-kompetisies – met die tema “Immergroen en Gewild”. Nadat Sirkelpresident Irma Davel van Molteno almal verwelkom het, is die dag geopen deur Sekretaris Antoinette van Pletzen met ‘n voorlesing oor “Gister? Môre? Vandag!” n.a.v. Ps 118:24. Daar is 4 dinge wat jy nooit kan terugkry nie: Woorde wat uitgespreek is, Die pyl wat die boog verlaat het, Die lewe wat verby is, en Verlore & verspeelde kanse. Gryp die dag! Daarna het sy ‘n gebed van Helen Steiner Rice, A Woman’s Prayer, voorgelees

Lifestyle Convenor Megan Moorcroft from Sterkstroom discussed and demonstrated all needlework and baking competitions in her usual efficient manner! She started off by showing examples of wonderful ways to recycle old doilies and tray cloths by fixing them to scatter cushions and coathanger covers.

   

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Megan explained how to make the knitted teddy, the toddler boy’s summer dungaree /romper, and the tea tablecloth with shadow embroidery. The crochet competition is a baby comfort lovey: this is a crocheted square, star or circle with a head of an animal attached to the center that is used as a comfort blanket, with optionally a dummy attached to the bottom of the animal head. She also gave hints on the CWAA competitions. The floating section (a ladies carry bag, using durable non stretch denim and leather) was created to give attention to an article of cultural and historical value, to prevent extinction.

The bottling competition is a fruit jam using honey instead of sugar as sweetener, and the sweets are decorated white easter eggs. The Baking competition calls for a traditional easter bun with a twist e.g. a savoury bun, using cranberries instead of raisins, chocolate bun with choc chips, etc. Megan asked judge Izak van Heerden, also from Sterkstroom, to explain how to bake with yeast. The more you handle the dough, the better – It activates the gluten in the yeast. Dough also needs a rest period to absorb the moisture in the dough. He suggested to knead AWAY from your body.

Vir die eerste keer gaan kinders genooi word om vir Konferensie blokkies te brei wat slegs 30 steke en 48 rye behels. Daar word dan ‘n hasie van elke blok gevou, en ‘n pompom-stertjie gevorm deur wol om ‘n vurk te draai. Ná Konferensie word dit dan aan ‘n kindersorgoord geskenk, en die wenner sal ook ‘n prys ontvang.

 

Tissuehouers

Irma Davel is Sirkel NOK se saamroeper vir Kunste & Handvlyt en het wenke gegee vir die Inkleurkompetisie, wat ‘n blom moet wees, Handvlyt se Macrame potplanthouer, en Verf se Hout Tissuehouer wat ook aanplakversierings moet hê.

 

 

Dotpaint vra dat ‘n oefeningboek se buiteblad versier moet word slegs met geverfde kolle. Die Scrapbook-kompetisie is opvoedkundig vir peuters: Baby Wipes se deksels word soos fotoraampies op papier geplak en toegevou, nadat interessante foto’s/prente binne geplak is. VLVK se kompetisies is ook mooi duidelik uiteengesit.

 

 

 

 

Isabel du Toit van Lady Grey het verskeie Macrame-geheime gedemonstreer en ook vir elkeen ‘n houtring uitgedeel saam met haar notas. Sommige voorbeelde was so lank, dat Izak van Heerden op ‘n stoel moes staan om vir Isabel te help vashou daaraan!

Die Rangskikking se tema vir 2022 is “Oorbrugging in die Natuur” en dit moenie identies wees soos in die verlede nie. Die tafeldektema is “Deurtog / Skeuring van die Rooisee”. Lede se kreatiwiteit gaan behoorlik hiermee getoets word! Lenie Fourie van Dordrecht is NOK se Landbousaamroeper en het hierdie keer Herwinning en Landbou gekombineer deur te vra vir ‘n herkenbare Tuinmannetjie gebou uit verskeie geverfde potte en ‘n blommende plant. Plante kan ±2 weke vóór Konferensie met kalium gevoed word om op die regte tyd te blom.

 Lenie Fourie se interessante potte

Die dag is afgesluit met die prysuitdeling n.a.v. 27 Maart se konferensie waarvoor in Maart nie tyd was nie.
Tak Trofees: 1ste – Queenstown, 2 de – Lady Grey, 3 de – Sterkstroom. Blomme trofee: Queenstown. Kunste & Handvlyt trofee: Molteno. Leefstyl trofee: Sterkstroom. Landbou trofee: Molteno. Mees uitstaande artikels: Naaldwerk – Megan Moorcroft, Sterkstroom; Gebak, Gebottel & Lekker: Amanda Oelofse, Sterkstroom; Kunste & Handvlyt – Irma Davel, Molteno; Blomme – Retha Peens, Queenstown; Landbou – Irma Davel, Molteno; Meeste inskrywings – Retha Peens.