Sirkel: Weskus
Tak: Eendekuil
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Datum: 2021-05-12
Beriggewer: Lydia le Roux
Ons hou ‘n Kunste en Handvlyt vergadering o.l.v. Antoinette Kok op 12 Mei 2021. Die tema “plastiek, ons vyand”, kry spesiale aandag met die uitstalling van hergebruike van plastiek.
Antoinette lei die vergadering in met haar musiekleerlinge van Laerskool Eendekuil wat gereed is om ons te trakteer op ‘n paar blokfluit- en perkussie-items. Hierdie jongste groepie het binne 2 dae geleer hoe om ‘n blokfluit vas te hou en boonop 2 note daarop te speel… Om dit ritmies saam met die klavierbegeleiding te kan doen, is ‘n yslike prestasie!
Musiek behoort ‘n baie belangrike plek in jong kinders se lewe in te neem, selfs so vroeg as reeds in die baarmoeder. Dit kan ‘n groot verskil maak, veral in die ontwikkeling van die kleinding se breinvermoë. Die speel van musiekinstrumente, hoe eenvoudig ookal, versterk eiewaarde, verbeter o.a. balans, en hand-oog-koördinasie. Met hierdie perkussie-item het die kleintjies saam met die ouer kinders gewys waartoe hulle in staat is.
Perkussie-instrumente gemaak van pilhouers en koeldrankbottels: so eenvoudig, en so doeltreffend. Gevul met verskillende sade, rys, selfs klippies of sand, word dit ‘n “waardige” instrument met groot potensiaal …
Hierdie planthouer, gemaak deur Lettie de Waal uit verskeie joghurt-houers, is ‘n treffer.
‘n Verskeidenheid gebruike van plastiekhouers: die onderkante van klein koeldrankbottels aanmekaar gewerk, word ‘n lampskerm; melkhouers word praktiese houers vir alles wat ‘n bêreplek soek: van skoene en kryte tot serpe en sokkies. Van links staan Tannie Kitty Krige, ons oudste VLV-lid, Helmien Rossouw en Lettie de Waal.
Tyd vir ‘n groepfoto. So jammer almal kon nie die vergadering bywoon nie.
Vlnr: Antoinette Kok, Marié Grobbelaar, Voorsitter, Hanlie Brand, Lettie de Waal, Helmien Rossouw, Lydia le Roux, Tannie Kitty Krige en Johanna Rossouw
Leave A Comment