Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
Beriggewer: Elsabe Carstens
Prysuitdeling
Datum: 8 April 2021

Konferensie 2021 het nie plaasgevind nie, maar al die kompetisie artikels is wel beoordeel. Leipoldtville Tak was die algehele wenners met 32 punte. (14 artkels is ingeskryf!)

Masjienwerk:
Anita Lalor – Eerste plek
Cecile van Zyl – Tweede plek
Maritha Louw – Derde plek.
Breiwerk:
Cecile van Zyl – Derde plek
Hekelwerk:
Cecile van Zyl – Tweede plek
Beeldende Kuns:
Annette Gilham – Eerste plek
Fotografie:
Annette Gilham – Derde plek
Woordkuns Dialoog:
Hanna Louw(85) – Eerste plek
Annette Gilham – Derde plek.

7 Artikels gaan deur na Kongres!

Op die foto staan al die deelnemers en omdat die beker vir die Masjienwerk nog by Cecile van Zyl was, het sy dit in die Tak oorhandig aan Anita Lalor wat die eerste prys gekry het.

Op die foto van links staan Elsabe Carstens(Voorsitter), Cecile van Zyl, Anette Gilham, Anita Lalor en Wilma Jacobs. Tannie Hanna was weg vir ‘n operasie en ons kon eers haar sertifikaat en prys verlede Woensdag oorhandig, asook Maritha Louw s’n (afwesig weens dood in Familie).

 


Elsabe Carstens en Maritha Louw

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elsabe Carstens oorhandig Tannie Hanna Louw se eerste prys in Woordkuns aan
haar