Sirkel : Weskus
Tak : Piketberg
Portefeulje : Kunste en Handvlyt
Datum : 13 Mei 2021
Kunste- en Handvlytbyeenkoms aangebied deur Sarie van Saars Shabby en Bq Shine.
Sarie Louw het ‘n baie interessante en kreatiewe oggend vir VLV-lede en gaste aangebied.
Sy het geïllustreer met al haar voorbeelde en pragtige uitstalling hoe om ‘n “scrapbook journal”/Snipperkuns met verskillende soorte papier te maak. Sarie geniet dit terdeë om met enige soorte papier of karton te werk en so pragtige kunswerke te skep.
Voorbeelde van “Journals” deur Sarie gemaak.
Almal kon ‘n kaartjie/etiket maak met die beskikbare voorraad wat sy vir die byeenkoms geskenk het.
Jackie Fergusson ontvang dan ook haar 10jaar VLV-jaarkenteken van Nicoline Brown (voorsitter).
Laastens word die sertifikate van die artikels wat deur lede ingeskryf is vir die VLV Sirkelkonferensie uitgedeel. Die Konferensie kon weens Covid-19 nie in Leipoldtville plaasvind nie.
Vlnr : Moira vd Westhuizen (fotografie); Mareza Smit (Leefstyl – gebreide babakombersie); Doretha Visser (fotografie); Christell Brand (fotografie). Die tema vir die fotografie was weerkaatsing.
Voorbeelde van papier en apparaat gebruik vir die werkswinkel
Speldekussing : geskenk vir ‘n lootjie
Sarie verduidelik aan VLV-lede wat om te doen.
Leave A Comment