Sirkel : Overberg
Tak: Hermanus
Portefeulje: Openbare Sake
Beriggewer: Diana Lambrechts
Datum: 12 Mei 2021

Marianne Spamer, sameroeper van Openbare Sake, het die plaaslike brandweerstasie genader om die tak te kom toespreek en op brandgevaar te wys.

Die twee verteenwoordigers is Lucia, sy is die stem in die beheerkamer en Angelo Aplon sien toe dat die stasie te alle tye genoeg personeel het vir 24 uur daagliks. Hy is in beheer van die Overbergstreek teen die kus.

Hulle leuse is :”We belong, we care, we serve”.

Brandweer verteenwoordigers Angelo en Lucia

Daar word voortdurend beplan hoe noodgevalle hanteer sal word.
Covid regulasies is ook te alle tye in plek by hulle.

Die kusstreek wat hulle bedien is ‘n moeilik streek, omrede die bergstreek aan die eenkant die see aan die anderkant en huise in die middel. Fynbos brand maklik, maar dit is ook belangrik dat dit wel brand om weer nuwe sade te laat ontspring. Die laaste groot brand was 2012.

Meneer Aplon gee ’n lesing oor waar en hoe maklik ‘n brand in die huise kan ontstaan. Die risiko in huise is deesdae groter as voorheen, want die plafonne is laer, die vertrekke kleiner en die meubels nie meer van solide hout nie. Die huidige meubels het meer chemise stof in wat makliker brand.

Die meeste brande kom in die nag voor en die oorsprong is dan gewoonlik elektrisiteit. Die muurproppe word oorlaai en dikwels is muurproppe agter gordyne of agter en onder tipe verfraaiings in die huis. Elektrisie draad onder ‘n mat is ook gevaarlik, veral as daar oor die mat geloop word waar die draad is. Verwarmers word gebruik om klere droog te maak en klere slaan aan die brand. Warmkomberse moet afgeskakel word sodra die bed warm is, want die beddens en beddegoed is van sintetiese materiaal wat maklik brand. Selfone en rekenaars raak warm.

Daar moet altyd gelet word daarop, dat die ingeboude stoof genoeg spasie rondom het sodat die hout kaste nie warm word en kan begin brand nie, Potte met handvatsels moet altyd so geplaas word dat die handvatsels na binne wys, sodat dit nie per ongeluk afgestamp word nie. Olie in potte is uiters gevaarlik.

Daar moet genoeg spasie rondom die kaggelpyp wees, sodat dit nie warm word nie.

Dit is altyd goed om elektriese proppe, wat nie gebruik word nie, uit te trek veral as jy die huis verlaat.

Indien ‘n brand in die huis ontstaan, maak dadelik die vertrek se deur toe om lugstrome te verhoed sodat die brand nie so vinnig versprei nie. Probeer so gou as moontlik uit die huis kom. Indien die vertrek reeds vol rook is kruip dan uit, dit is die beste manier. Ken ook jou vertrekke en meubels want die donker saam met die hitte en rook bemoeilik die uitkom uit ’n vertrek .Indien daar ‘n venster sonder diefwering is gebruik dit vir uitgang.

 

 

Groen uitgang in winkelsentrums

 

In winkels en geboue, waar daar baie mense is, is dit altyd goed om te weet waar is die branduitgange. Die brand uitgange word met groen tekens aangedui en die teken word aan die vergadering getoon.

 

 

 

Brandblusser demonstrasie.

 

Meneer Aplon demonstreer hoe ‘n brandblusser werk , hy noem dat dit vir kleiner vure werk en dat dit direk op die vlam gespuit moet word. Hy wys ook aan die vergadering ‘n blusser kombers – dit is handig om oor ‘n klein vuur te gooi om dit te smoor.

 

Rookalarms word vertoon en almal word aangeraai om dit maar in die huis aan te bring. Dit is by enige hardeware winkel bekombaar.

Rookalarm

Groen areas rondom jou huis moet gereeld inspekteer word en die spasie vanaf die huis tot die plantegroei moet ten minste 2 ½ keer die hoogte van die plante of bome wees.

Indien daar ‘n brand uitbreek is die kontaknommer 028 312 2400 en jou naam, kontakbesonderhede, adres wat brand en ‘n landmerk moet vinnig verskaf word.