Sirkel: Weskus
Tak: St Helenabaai
Studierigting: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 11 Mei 2021
Isa Pump (heel onder, regs) Kunste&Handvlyt sameroeper en haar gasvroue het die lede en gaste bederf met ‘n kreatiewe werksessie. Al die dames was dit eens dat VLV groot pret is.
Annaline de Beer, voormalige voorsitter en huidiglik bestuurslid van Openbare Sake, bied met elke vergadering ‘n kort inligtingsessie i.v.m. VLV aan.
Lede is tydens hierdie vergadering oor die ontstaan van VLVK ingelig.
Lede het die geleentheid gehad om met hulle handwerk te spog.
Takkompetisie was ‘n blomlose ruiker vir Moedersdag.
Leave A Comment