Sirkel: Kalahari
Projek: Lees-‘n-Bietjie
Beriggewer: Carien van Niekerk
Datum: 10 Mei 2021

Riemvasmaak se Biblioteek is ‘n ATKV-Voetspoor inisiatief en met ‘n onlangse besoek deur Esta Twigge (vise-president, Sirkel Kalahari) asook Carien van Niekerk (Bemarker, Sirkel Kalahari) aan die Kgalagadi, is daar gerestoureerde boekies geskenk aan die Biblioteek by Riemvasmaak. Die boekies is afgelaai by David, die gids by die Warmbronne in Riemvasmaak wat dit op Maandag, 10 Mei aan die bibliotekaresse, Elaine Basson, sal oorhandig. Daar was ook so ‘n bietjie lekkergoed vir die kinders wat hul boekies fluks klaar lees.

Hierdie is deel van ons LEES-‘N-BIETJIE projek.