Sirkel: Middelland
Tak: Kraggakamma
Portefeulje: Leefsyl
Beriggewer: Margaret van der Mescht
Datum: 12 Mei 2021

Binnenshuise versierder, Leeanne Keevy, lig die taklede in oor die nuutste neigings in haar bedryf. Soos vir so baie besighede, was 2020 ook `n moeilike jaar vir haar. Nou is dit egter `n bloeitydperk. Mense het tydens inperking baie tyd in hul huise spandeer en wil nou hul tuistes funksioneel maak en eenvoudiger leef. Hulle wil saans eerder tuis deurbring en vriende by hul huis onthaal.

Haar beplanning begin gewoonlik by die kleur en dan bou sy daarop voort. Die kleur van die jaar is skakerings van grys en geel (goue stroop). Geel versinnebeeld hoop en optimisme vir `n beter toekoms. Materiaal soos katoen, linne en fluweel word gekombineer met verskeie teksture. In die verlede was eetkamertafels nie belangrik nie omdat gesinne voor die televisie geëet het, maar nou werk ouers van hul huise af en benodig werkspasie en kinders gebruik dit ook vir hul skoolwerk.

Binneshuise plante word gekombineer met die dekor. Selfs nagemaakte plante is aanvaarbaar omdat dit so natuurlik lyk. Plantmotiewe op tekstiele is ook gewild. Materiaal wat nie verbleik nie, maklik skoongemaak kan word en mosbestand is, is nou beskikbaar.

Ook in binnenshuise versiering is volhoubaarheid belangrik. Natuurlike produkte soos hout is gewild en materiaal word gemaak van herwonne plastiek. Kliënte ondersteun plaaslike ondernemings, kitsoplossings vir versiering word vermy en die bron van meubels is belangrik.

Lynne de Villiers, wat “reborn babies” maak, vertel van die proses om die baba pop aanmekaar te sit. Hierdie poppe word gebruik vir mense wat aan Alzheimer se siekte ly asook by tehuise vir bejaardes.

Leeanne Keevy en Marie van Rooyen, Leefstylsaamroeper.

`n Verskeidenheid van tekstiele en motiewe wat gekombineer kan word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Esther Oosthuizen, een van ons lede, met `n baba pop.