Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Murraysburg
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Theresa Troskie
Datum: 14 April 2021

Die leefstylsameroeper, Adrie Conradie stel die spreker, Naudé Avenant bekend.
Mansmodes is nou nie juis ’n gesprek vir langs die braaivleisvuur nie! ’n Mens moet gemaklik voel in jou lyf en in die klere wat jy dra. Dit is belangrik om te weet wat om wanneer te dra. Naudé gee sinvolle wenke en demonstreer verskillende style, bv. versorg jou hare, baard en naels, ’n belt en kruisbande word nie saam gedra nie, want hulle dien dieselfde doel, moenie broeknate stryk nie, maak seker dat jou broeke nie te lank is nie, ens. Naudé het laag-op-laag klere in verskillende style aangetrek en soos sy praatjie gevorder het, het hy elke keer ’n ander styl vir ons gewys.

’n Nuwe modegier is sokkies wat hoog opgetrek word en by sneakers en ’n kniebroek gedra word. Die vroue is vol vrae en hang behoorlik aan Naudé se lippe.

Persiese matte:
Adrie bespreek die verskillende vesels waarvan persiese matte geweef word. Sy vertel ook kortliks van die weefproses en hoe lank dit byvoorbeeld neem om met verskillende soorte vesels te weef. Sy gee verskillende beproefde metodes om persiese matte skoon te maak.

Patroonkoekroller:
Margaret Martin vertoon ’n nuwe koekroller waarmee kleinkoekies “uitgerol” word. Die roller vorm reghoekige/ronde koekies en elkeen het sy eie patroontjie op. Dit is egter nie so maklik soos wat dit klink om met die roller te werk nie, want die koekies is geneig om vorm te verloor as dit gebak word. Die resep is belangrik asook die spesifieke soort roller wat jy koop. Doen eers navraag by iemand wat dit al beproef het.