Sirkel: Paarl
Tak: Suider Paarl
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Gonny du Plessis
Datum: 21 April 2021

Tydens ons Leefstyl vergadering het Dr Cornѐ Lamprecht(PhD), verbonde aan die Departement Voedselwetenskap van die Universiteit Stellenbosch, ons kom toespreek oor “Kieme in die kombuis”.

Sy het begin deur te sê dis gevaarlik om te eet, maar net so gevaarlik om nie te eet nie. Sy het genoem dat voedsel chemies en biologies veilig moet wees en ook vry van fisiese gevare. Voedselverwante siektes affekteer jaarliks 1 uit elke 3 tot 6 mense.

Kieme kan ook teenwoordig wees in kos wat geen tekens van bederf toon. Kieme is baie klein organismes wat siektes veroorsaak en voedsel laat bederf.

Die vries van vleis maak nie kieme dood, dit vertraag net die groei, dus moet voedsel soos vleis en hoender goed gaar gemaak word. Die was van groente en vrugte is uiters belangrik en vermy liefs die opgesnyde vrugte en groente wat in winkels aangebied word.

Kieme kom die meeste voor op kombuisvadoeke, sponsies, deurknoppe van yskaste en stowe asook handvatsels van ketels en ander kombuis apparate. Die was van hande en oppervlaktes in die kombuis bly steeds belangrik in die stryd teen kieme.

Vlnr Dr Cornѐ Lampbrecht, die spreker en Berta Spangenberg, Sekretaresse, en haar tante wat haar voorgestel het.