Sirkel: Namakwaland
Tak: Calvinia
Studierigting: Leefstyl en Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Annica van Greunen
Datum: 4 Mei 2021
As jy bid, bid spesifiek, soos die mate van ’n resep en as jy dankie sê, sê dankie soos jy tuisgemaakte vyekonfyt op jou skons sit, in oorvloed & met dankbaarheid.
Tydens die Kunste & Handvlyt en Leefstyl vergadering van die VLV Calvinia is dit presies soos die dames gevoel het. Dankbaar en in oorvloed geseën.
Weens die skerp toename in Calvinia se covid gevalle so ‘n rukkie terug kon die dames vir ’n tydjie nie vergader nie. Gesondheid het ’n elektroniese vergadering gehou wat op hul Facebookblad beskikbaar is en toe het Kunste & Handvlyt en die Leefstyl portefeulje sommer saamgewerk tydens die vergadering van 4 Mei 2021.
Wat ’n geseënde aand! Talitha de Waal het die dames meer kom vertel oor die Soet- doringboom en spekboom. Talitha het uitgebrei op verskeie variante spekbome wat daar te kry is, waar dit aard en ook hoe dit selfs in kos gebruik kan word.
Daarna het Kani Parker, terwyl die kaggelvuurtjie heerlik brand, die dames vertel wat die verskil is tussen ’n High Tea, Low Tea, Cream Tea en Royal Tea asook etiket tydens die tipes tee’s. Klaarblyklik is die mees belangrikste om klein happies kos en tee te neem en elke smaak te waardeer.
Kani het ook die dames gewys hoe om blommetjie versierings vir kolwyntjies te maak.
Enige dame wat graag sal wil aansluit is welkom om die VLV Calvinia Facbookblad te gaan like om te sien wat die dames aanpak en dan sommer daar die admin persoon te kontak of dop te hou wanneer en waar die volgende vergadering sal plaasvind.
Heerlike kaggelvuurtjie wat brand tydens die vergadering.
Spekboom steggies wat Talitha de Waal vir die dames saamgebring het.
Talitha de Waal aan die woord oor spekbome.
Kani Parker demonstreer vir die dames hoe om blommetjie versierings vir kolwyntjies te maak.
Die dames kuier almal heerlik saam
Leave A Comment