Tak: Aberdeen
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Lea van der Vyver
Datum: 7 Mei 2021

Aberdeen VLV bederf die inwoners van Aalwynhof Ouetehuis op die dorp, sowel as ń paar bejaardes wat alleen bly, vir Moedersdag. Elkeen ontvang ń boksie propvol eetgoed en ń boekmerkie. Elise Steynberg, Christelle Nel en Lea van der Vyver lewer die bederfpakkies af en word bedank deur die Voorsitter van die Inwonerskomitee, Mnr. Donnie Erlank. Die gebaar word met soveel dankbaarheid en seën ontvang. Ons as VLV vroue besef net weer – daar is inderdaad meer seën in gee as in ontvang!

 

 

 

 

Bederfboksies met vreugde gepak – van voor Heidi Lombard, Christelle Nel en Sonette Müller.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Elise Steynberg help ook pak.

 

 

 

 

Inhoud van propvol bederfboksie – eetgoed is bo-op mekaar gepak!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vroue bederfboksie met boekmerk met Bybelteks voor en Moedersdag gedig agterop.

 

 

 

 

Mans bederfboksie – die manne is nie vergeet nie!

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bederfboksies afgelewer by Aalwynhof – a.g.v. Covid-19 regulasies is daar nie ‘n gesamentlike tee nie. Elke inwoner onvang op Moedersdag sy/haar eie bederfboksie.

 

 

 

 

 


Van voor luister Elise Steyberg, Lea van der Vyver en Christelle Nel na die bedanking en seënwense van Inwonerskomitee Voorsitter, mnr. Donnie Erlank.


Aberdeen VLV lede saam met Aalwynhof Inwonerskomitee. Voorsitter Donnie Erlank voor links.