Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Leefstyl

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 4 Mei 2021

Tuisteskeppingkomitee: Albé Greeff, Salome du Toit en Annatjie Jacobs

Gesels, gesels, gesels! – Milly Myburgh, Jackie Genis, Elmarie van der Merwe en Thea Basson

Na ’n lang afwesigheid a.g.v. Covit het VLV Slot van die Paarl se dames omtrent gesels! Tydens die afwesigheid het die tak hulle voorsitter, Alice Swanepoel, verloor aan die virus. ’n Paar huldeblyke laat ons terugdink aan ons vrolike en kleurvolle vriendin. Frouwien du Toit word aangestel tot September se verkiesing.

Maretha Carpenter bring ‘n stoel wat sy oorgetrek het. Sy deel afdrukke uit wat stap-vir-stap verduidelik hoe die stoel vorm aangeneem het van ‘n hopie planke tot ‘n oorgetrekte stoel. ‘n Staplegun word oral gebruik.

Salome du Toit, saamroeper van tuisteskepping, wys hoe sy ou skinkborde weer mooi maak deur ‘n prent te plak met plakpapiergom en dan Pratley glow (by PNA gekoop) bo-oor gooi. Gebruik ‘n ou kredietkaart om dit gelyk te maak. Ligte blasies kan liggies uitgeblaas word. Die eindproduk kan maklik afgevee word.

 

 

 

Skinkbord bedek met Pratley glow

 

 

Toe Opvoeding en Kultuur ’n beurt kry, vertel Thea Basson dat haar kleindogter in 2020 ‘n eerstejaarstudent was sonder om ‘n dag in die klas te wees. Alles het per aanlyn studie plaasgevind. Sy lees oor Digitale demensie, sosiale diskonneksie a.g.v. tegnologie. Die belangrikste simptoom van digitale demensie is vergeetagtigheid. Dit is heel waarskynlik ook direk gekoppel aan die feit dat ons geneig is om ons brein al hoe minder te gebruik. Dit kan reeds vanaf ‘n baie jong ouderdom ontwikkel. Ons moet probeer om tegnologie en skerms slegs te gebruik wanneer dit waarde toevoeg in ons lewe.

’n Nuwe tydskrif, Joernaal, is gemik op ouer mense. Interessante feit oor Pratley Putty, die maangom in 1948 genoem. Daar word genoem dat dit ontwikkel is deur ‘n Suid-Afrikaner. Dit is in 1969 tydens die eerste maanlanding gebruik om dele van die Eagle-maanlandingstuig bymekaar te hou.

Die Landbousaamroeper vertel ons van ‘n inheemse plant, nl die Maartlelie. Dit het geen blaar nie, net ‘n blom. Dit moenie te vroeg blom nie; sekere kulture sê die plant is dan ougat! Plaas die sade in die grond, dit neem ‘n paar jaar voor dit blom. Die sade moet afgesny word, want dit put die bol uit, anders as by Agapanthus en Clivias waar die sade ook mooi is in jou tuin.

Verryk en bemoedig, vertrek die lede huis toe tot volgende keer.

 

 

 

 

 

Breiprojek – gebreide sokkies vir ouer persone. Nettie Marais, Naaldwerksaamroeper en Salome du Toit